1.1 Alle bestellings moet vooraf geplaas word.
1.2 ’n 50% deposito is betaalbaar om die bestelling te bevestig. Geen bestelling word verwerk sonder deposito nie.
1.3 Volle betaling moet gemaak word voor aflewering of afhaal. Geen produkte word sonder volle betaling uitgereik nie.
1.4 Pryse kan sonder vooraf kennisgewing verander.
2.1 Ons benodig minimum 1 week kennis vir standaard bestellings.
2.2 Groot- of massabestellings vereis langer kennis en sal slegs bevestig word na beskikbaarheid en produksietyd fyngekyk is.
2.3 Bestellings word volgens beskikbaarheid en datum van geleentheid geskeduleer. Vroeë bespreking word aanbeveel.
2.4 Die kliënt moet die datum van die geleentheid duidelik aandui wanneer die bestelling geplaas word.
3.1 Elke produk het ’n minimum bestelhoeveelheid soos aangedui op die pryslys.
3.2 Bestellings onder die minimum word nie aanvaar nie.
4.1 Kansellasies meer as 7 dae voor die aflewerings- of afhaaldatum kan vir ’n gedeeltelike terugbetaling kwalifiseer.
4.2 Kansellasies binne 7 dae van die geleentheidsdatum is nie terugbetaalbaar nie.
4.3 Bestellings wat nie op die afgespreekte datum afgehaal word nie, word verbeur sonder enige terugbetaling.
5.1 Aflewering is beskikbaar in Benoni en omliggende areas binne ’n vasgestelde radius, teen ’n addisionele fooi.
5.2 Koerierdienste is beskikbaar vir bestellings in Gauteng en Kaapstad. Koerierkoste word apart bereken en is ten volle vir die kliënt se rekening.
5.3 Sodra die bestelling ons perseel verlaat, dra die kliënt volle verantwoordelikheid vir die hantering, vervoer en berging van die produkte.
5.4 Ons kan nie die toestand van produkte wat per koerier vervoer word waarborg nie, aangesien temperatuurbeheer en hantering buite ons beheer is.
5.5 Afhaal is slegs op voorafgereelde tye beskikbaar.
6.1 Personalisering is beskikbaar op sekere produkte teen ’n addisionele koste.
6.2 Bykomende ontwerpe, dekor, kleure of elemente word slegs gedoen indien vooraf bespreek en bevestig.
6.3 Ons behou die reg voor om versoeke te weier indien dit nie uitvoerbaar of prakties haalbaar is nie.
7.1 Produkte kan gluten, koring, melk, eier, boomneute, soja en/of klapper bevat.
7.2 Geen produk word gewaarborg as allergeenvry nie.
7.3 Dit is die kliënt se verantwoordelikheid om allergievrae vooraf te bevestig.
8.1 Alle nageregte is yskasterte / koelprodukte en moet onmiddellik in die yskas geplaas word.
8.2 Produkte moet binne die aanbevole tydperk verbruik word.
8.3 Geen vergoeding word gegee vir produkte wat verkeerd gestoor of te lank gehou is nie.
9.1 Ons behou die reg voor om foto’s van produkte vir bemarking, sosiale media en advertensiedoeleindes te gebruik.
9.2 Geen persoonlike inligting sal gedeel of gepubliseer word sonder toestemming nie.
10.1 Deur ’n bestelling te plaas, aanvaar die kliënt hierdie Terme & Voorwaardes volledig.
10.2 Hierdie bepalings is bindend op alle bestellings, ongeag of dit mondelings, elektronies of skriftelik bevestig word.
LEKKER NEH? © 2025 WEBTUISTE DEUR VIBRYN DIGITAL