Wortel Koek

Category:

In Stock

Wortelkoek: daai koek wat voorgee dis gesond — want ja, daar is wortels in — maar moenie vir ’n sekonde dink jy is besig om jou groente-inname te verbeter nie. Hierdie ou lê jou in die oë en glimlag terwyl hy jou selfbeheersing vernietig.

Dis klam, geurvol en vol net genoeg speserye en soetigheid om jou te laat vergeet dat jy eintlik net “een stukkie” wou hê. Elke hap smaak soos kinderdae, kuiers by ouma, en daai oomblik wanneer jy besef jy hoef nie altyd verantwoordelik te wees nie. Dis trooskos met ’n attitude.

Dis basies ’n groente. ’n Baie, baie lekker groente.

Description

Bestanddele:

  • Gerasperde wortels (die deel wat jou laat voel jy maak goeie lewenskeuses)

  • Eier(e)

  • Suiker

  • Koekmeel

  • Olie

  • Kaneel & gemengde speserye

  • Okkerneute (vir ekstra crunch en karakter)

  • Rosyne of sultanas

  • Bakpoeier

  • ’n Bietjie vanieljegeursel

  • Knippie sout (want sonder sout het niks persoonlikheid nie)

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Wortel Koek”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Nagereg wat luuks, modern, gerieflik en trots Suid-Afrikaans aanvoel.

Kontak

LEKKER NEH? © 2025 WEBTUISTE DEUR VIBRYN DIGITAL